08/08/25

Ek het baie lank terug gelees:

Nuus van die Stad van Voëls


'n Meisie het in 'n diep put geval, 

maar sy is gered. 

Sy is nou gesond.


ek het toe nog nie veel geweet van metafore nie

maar nou kan ek sien ek moes in die diep put val 

om te onthou, om te weet wat die waarheid

van my kleintyd se traumatiese gebeure was

en jare der jare later my jarelange swaarkry


miskien is dit onmoontlik vir my

om die omvang daarvan te begryp


mens ly mos meestal in stilte

ek moes maar net, vir myself 

opbeur na positiwiteit

deur al die verliese


dit gaan rustiger nou

ek het aangepas by my eensame bestaan

my ontvlugtings vat my weg daarvandaan


die dogtertjie daar in verre Indië

is gered uit die diep put

sy het seker toe ook met post-trauma gesit


dit het my geraak 

toe ek dit gelees het


toe het ek stories opgemaak

my verliese is in verhale verwerk 

so tussendeur my musiek

en die bietjie nuus wat ek kan inneem


te veel en ek ontstel my te veel

so ek weet nie eintlik

wat in die wêreld aangaan nie

ek leef in my eie bestaan


ek lees baie en kry antwoorde aanlyn 

soos dat ek aan ligsensitiwiteit ly


ek reis na verre lande

ek kom baie te wete

ek kry elke dag inligting

op die internet


dit maak meestal sin

dan voel ek opgelos

en vervul


dit is moeilik om vrede te maak met die dood

maar ek het lankal daar gekom

en dink nie meer daaraan nie

in aanvaarding en in mediterende

wegkom van emosionele pyn af


ek geniet weer my klein lewe

soos almal wat voltooid voel

op amper 65


ek verstaan myself 

baie baie beter


so alles is nou oukei

2025 was goed vir my


so gly my dae verby

ek gedra my versigtig en stil


so vloei my lewe aan

en ten spyte van al die traumas

voel ek nou nie meer gedaan nie


baie erger dinge gebeur met mense


It is unfathomable —

the things people sometimes go through.

  • Agatha Christie 

  • Julia Carstairs in Elephants can Remember


eks net bietjie moeg

maar dit gaan goed met my 


hier waar ek lê in my gewone bed 

aan die tik op my Asus E510

aan die einde van 2025

voel ek, ek het soos ander
die reg om gelukkig te wees

al is dit dan net altyd
met my klein daaglikse

vreugdes


🦋

© Annora Eksteen, 2025

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...