20 Gedigte (2024–2025)
"As you will learn later, the transformation of the stuff of my world into poetry, is a bit of a mystery to me, as I think it is for many poets.” John Haislip (1925–2011) (Literature and the Sea Conference, 1976)
20/09/25
'n Kothuisie in 'n koue plek
die wind waai buite
die sneeu val in Desember
maar jy is veilig by my
‘n Oggend by die Groot Rivier
met druppels op haar lawwe lyf
ek sien haar in die diep poel duik
die Visrivierheks met haar fuik
sy knipoog vir my en vra haar vrae
wil jy nie inkom inkom inkom nie
kom dryf kom dryf
kom dryf saam met my
moet net nie
klomp kak aanjae
al was jy altyd
vry ! vry ! vry !
ek gaan toe mos maar die waters in
ek was nie meer so bang nie
ek was nie meer so kwaad
want op ‘n manier
was die ou dier altyd hier
Dagbreekdans (Skilderye met blomme)
deur 'n kristalkoepel op 'n eikehoutvloer wat alles verlig
dan begin die geel glans glinster op 'n oopgekelkte blom
en oor Wellington waar 'n beeldetuin groei, welig in lig
ver en verder by Wits tot oor Wespark as die oggend kom
oor 'n nederige nis se lank gelede 1970 skielike doodsberig
dan begin die geel glans glinster op 'n oopgekelkte blom
al dansend deur vlaktevensters oor jong digterskoppe wat sug
die daeraad dans nou 'n chanson op die pols van 'n cajón
dit skyn deur 'n kantgordyn en vul die kamer pragtig in lig
dan begin die geel glans glinster op 'n oopgekelkte blom
vers-moeg krabbel ek: ek is so geskok deur die lewe, daarom
werk ek aan in eensame nagte, my fokus op die oggend gerig
die dag breek oor gedigte soos die skoonheid van son
dan begin die geel glans glinster op 'n oopgekelkte
blom
Diep Rivier
ek het daai donker bloed
diep in die hart van Afrika
sal ek myself aanhou soek
ek sing vir haar
weer 'n keer
diep rivier
groot rivier
die riete beweeg soos die wind
soos die reën
soos die vrou van die rivier
beweeg saam met jou
groot rivier
die riviervrou bly in die duister van die nagoewer
die riviervrou bly in 'n rietdakhut
sy hou die man dop wat op 'n spoelklip sit
sy sien vir Ana die windnimf
die riviervrou sing
sy sing in die nag
oor die spoelklipman en sy roffeldrom wat sag
die reis van die rivier saam trommel
van hoog bo in die berge
sing die riviervrou hulle reis
van Lesotho tot Augrabies
die plek van groot lawaai
oor die stille vloei af na die see
en die drie bergvroue wat in die kuile baai
van die groot rivier
die diep rivier van diamantgruis
die ou Gariep
van Afrika
ek beweeg saam met haar
ons groot rivier vloei aan
ek sterf in haar
en steeds vloei sy aan
sing riviervrou
sing helder en skoon
sing vrou van die Gariep
sing nog 'n keer die lied
Ek hoor die klanke as ek verby stap
staan ‘n huis met lae geel mure
daar woon ‘n ou man met ‘n krom rug
en knobbelrige vingers
sy kleinseun oefen elke dag ‘n tuba
stap die ou man laat een middag
sy oë op die vuil sypaadjie gerig
as ek my ver pad
met nuwe moed in die lente
terug huis toe stap, sien ek elke Vrydag
‘n Land Cruiser met ‘n lang sleepwa
hy laai vyftien parkfietsryers af
dis alles wat ek sien
en ook die torings van Sandton
die besemverkoper
die wag voor die kleuterskool
die akkerbome in die laning
die eekhorings wat rondskarrel
die duiwe wat opvlieg
en die ape wat in die takke
rondswaai
Ek vind tog altyd weer iets inspirerends
in goeie gedigte, boeke, films
in skranderes se intellektuele insig
in my vele alleen diep nadenke
in die sinne wat ek formuleer in my brein
alles het afgesonder en baie stil geword hier
'n weemoed het in my gedraai en weer telkens weggewaai
sal ek met wat oorbly dalk nog lank bestaan onder elke volmaan
ek fluister vir myself ek moet in die goue appel-metode aangaan
in my lang alleen diep denktye in my eensame kom en gaan
in hierdie kelderkamer rank my skribbels aan
as ek in die oggende ontwaak
stap ek in die sonstil straat
tyd, die ure, loop deur elke dag
3 nm is koffie vanaf 4 nm … tee, tee
en oor my vel dit nie meer kan vat nie
uit die son uit bly
Januarie se hoëveldreën
in groen, in geel
in rooi, in blou
‘n bruin bokkie was ek
en ek het gehardloop
so ver weg as wat ek kon
en nou skyn
die oggendson
deur die ruite
met die seisoene
gly berustend tog
veel smart verby
ek rangskik rose
alles groei welig
in my nuwe skrywende
lewe
Meer lig
en grys misreën
ys-ryp en sneeuvlokkies
wat teer-sag saam ween
die skynsels van aand as 'n wolk stil dryf
ek bly al sewe jaar in ‘n skemerkamer
en tog keer ek terug na die oggend se lig
en ‘n rustige, mooi, diepgaande gedig
19/09/25
My wonderlike muse
en pragtige vreemde akkoorde
sy het nuwe wêrelde vir my oopgemaak
ruimte- en naghemelwaarnemings
visse wat deur die sterre swem
anderkant Tierra del Fuego
Jupiter en Mars
ek dink aan liefdeslirieke
poësie en uithouvermoë
en ek dink, hierdie kalmte in my
is beter as dat ek so bekommerd bly
my verstandelike gesondheid is nou beter
ek voel meestal denkend en meer stabiel
ek leef soos ek leef in eensaamheid
ek bly lief vir die kunste
ek kan rustig daarin bly
en ek is bevoorreg
om so 'n wonderlike muse te kon kry
Rustig, stil en mooi
was my pa se kartoteek, ‘n kelder koel
sout en sop en soet lemoene
die mooi dinge wat verby is
die mooi dinge wat steeds hier is
in hierdie vrye tye van my geïsoleerde lewe
dink ek oor die sinvolheid van my bestaan
dan vrede weer in dit wat ek weet
in privaatheid, in sekuriteit
met die briese deur die nuwe boomblare
ruik ek die vroeg-lente blomme
en die son, die swembad
is rustig, stil en mooi in die binnehof
Sing, my blomme
in hande, voete, perde, engele
in die see, die lug, die wolke
soos Winifred Nicholson
Skoonheid, ‘n lewe
stroom oor haar skouers
sy sing wanneer lente weer sag oor haar vou
soos haar groot glimlag en haar arm om jou
sy tel haar rekenaar af van haar skoot
sy blaas haar mooi kers
Skulpe in my hand
van die skulpe in my hand
gebleik en broos, witblou ligroos
soet heuning appelkoos
en op dit in fynskrif
die dae het ophou bestaan
op hierdie strand vol seepampoentjies
lê soveel skulpe van my land
hierdie skulpe lê
in my hand
met al hierdie skulpe
is ek veilig waar ek skuil
met al hierdie woorde
wil ek my tyd verwyl
elke oggend op my bed lê en lees
elke middag saam met YouTube sing
in die aand baie laat
oor my liefde vir poësie praat
verstom oor die wysheid
van die skulpe
in my hand
Soet sestig in die herfs
so jammer
moenie bekommerd wees nie
wag vir die nag se sterreprag
as ek 'n herinnering gehad het wat kon voortleef
sou ek met my skribbels en liedjies
sou ek vertel het van my psigosomatiese siektes
vertel het vir die nuwe vriendin, maar sy is weg
died in her sleep
was dit covid was dit kanker, dalk haar hart
so lank soos hierdie aarde beweeg beweeg
maar gelukkige verjaardag op 7 April
brose skoonheid, die kamferfoelie, die bye
'n wolk dryf hoog bo die park
Annie Reënboog is so jammer so jammer
moenie bekommer nie
sal tot op honderd en sewe
tulala tulalu tulatu tula
my ma is dood
so jammer so jammer
tulala tulala
Soos hierdie, het ek lief
'n wasigheid bedek die vyf mere
my skat
en jou wegvoer
oos van die aromas
en noord van die sneeue
Wu Zao in verwerking terwyl ek haar poësie leer ken
ek wens ek kon destyds in ‘n vywertuin sit en dink
waarheen op aarde my skryfpaaie my heen sou lei
na somerson en druiwewyn
en die koningsrooikamer in die Qing
die orgideebinnehof
die liedere wat in die rivierbamboese opklink
die edele adellikes
die as van die droom
van die koningsmooi kamer
in die Qing
ontdek ‘n paradys en kyk
koraalversierings klink aan jou lyf
wanneer ek saam met jou tee skink
en oor mekaar se skribbels dink
en jy sal weet
een glimlag van jou was genoeg om my
en jy sal weet
my hand bly op jou lyf
in die dou as die Dagbrekertjie sing
en jy besig is om blomme te pluk
en saans in die verlate vallei
as ons eteriese gedagtes
soos lanterns gloei
ek vaar riviere oor die aardbol heen
met Zao en haar geparfumeerde lamp
en terug tot hier op die rooi boot
jou sterre is die vuurvliegies
in my hand
Stilte en liefde
tussen die onverwoorde
en die geskryfde sinne
dit is in ons strewe
na vrede in gehardheid
in ‘n vriendelike bestaan
dit is in ons wete
dat ons dit wat goed is
beskerm en bewaar
dit is in bewussyn
in begeerte
in harmonie
kosbaar en geliefd
in aanvaarding
Soothing song for the summer / Streelsang vir die somer
with colossal sculptures
and stately buildings
dating from eras of architecture
that would last long in beauty
you looked at me intently
your dark eyes rested
for a moment on my face
open your thoughts
you whispered
open yourself to me
let your drops stream
in waterfalls of sorrow
flow with the river
so that you can
and now we are here
in this listening-rich summer
of those whose silent voices we still hear
and the voices of us
who are still
alive
met kolossale beeldhouwerke
en statige geboue wat dateer
uit eras van argitektuur
wat lank in skoonheid sou duur
jy het aandagtig na my gekyk
jou donker oë het vir ’n oomblik
op my gesig gerus
maak oop jou gedagtes
het jy gefluister
maak jouself oop
laat stroom jou druppels
in watervalle van rou
vloei saam met die rivier
sodat jy kan
en nou is ons hier
in hierdie luisterryke somer
van dié wie se stil stemme ons steeds hoor
en die stemme van ons
leef
Sy wat met die Karoomaan geloop het
haar woorde was elke nuwe dag vir my
sy met weerkaatsings in haar oë
wat dryf soos planete, so ver, so sag
en die Suiderdiamant wag
‘n Laaste lied
buig die bome in die woud
waai die sterre
vir die kwynende sekelmaan
mooi is hy vanaand
met 'n stralekrans
sluk die wond in julle kele
op pad in die niet
‘n altyd se laaste lied
digters van Mohenjo Daro
hulle werk is lankal vergane
maar steeds bly dit 'n nes
die Kurchibome in blomprag by Visva Bharati
die bontrug skilpaaie veilig by die Bôrdienghuis
Sutterland
Père-Lachaise
Botterkloof
Shantiniketan
Slowly Down the Ganges
die groen aarde
bly ‘n erfenis
julle aandsterre het deur sterlig gegaan
en weer die oggendlig gekry
hier by my in my klein binnehof
met rondloopkatte digby my
en om my geel is die suurlemoene
wanneer die swaeltjies terugkeer
op ‘n lieflike oggend in die lente
by ‘n diep put in Bhubaneswar
het ek weer ‘n altyd vry
groen breyten-boom gekry
Al het sy weggegaan
verdwyn
weet ek
dat my klanke nog
uit my mond soos glas
in die rimpelende poel sal val en val
al dink ek dit was alles so swaar te swaar
al sug ek terwyl ek op ‘n klavier in e-mol mineur
note speel wat verbrokkelend val en val
ek sal haar nooit weer nooit weer
al voel ek dit is te moeilik
soveel moeite om weer te
weer saam met die sterk stroom te vloei te vloei
sleep die los grofsand my skawend saam
skerp grys klippe beweeg oor my lyf
terwyl ek swem tussen gladde visse
geharde waterhonde
oop bekke
skerp tande
dan tot waar my klanke soos klokke
vanuit die dieptes na die skoon oppervlakte styg
dan tot waar ek haar sterre soos vuurvliegies
in my oop ronde handpalms
vang
Daar was so baie mense
alles het altyd vir my klaar lank gelede gevoel
asof ek leef in ‘n eeu verder van nou en terugkyk
op nou, die tyd waarin ek leef en dit wat was, asof
dit vasgevang is in glasies vol fyn sandtydkleure in ‘n
maalkolk sterrewind ineen gestrooi gewaai versprei en ek
kan dit nie mooi meer uitmekaar kry nie, dit is vervloei, dit strek
oor millenia, eeue, jare, maande, weke, dae, generasies kom, kom
en sal weer gaan en die tyd droom, en alles bestaan en alles vergaan
Een huisje op een koude plek
de wind waait daar buiten
de sneeuw valt in december
maar bij mij ben je veilig
in ons bed
Ek gly rond op ‘n basviool
op ‘n diep glansblou meer
ek kyk en luister
na ‘n orkes met viole
fluite horings fagotte
almal in wit en blou geklee
op ‘n terras teen ‘n hoë berg
groen van nuwe jong lewe
vol ligpersfyn ou blommetjies
dis wat ek gedroom het
en toe vlieg ek en Glenda
in ‘n kersierooi convertible oor die meer
na die mooi groot stad vol hoë moderne geboue
aan die anderkant
Ligte sneeu in Joburg, Julie 2023
My poësie-blog / My Poetry Blog
Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...
-
Annora Eksteen 30 Gedigte (2006) Die tyd toe ek verdwyn het Ek praat van ‘n tuin Ek praat van ‘n waterleliepoel Ek wag vir jou Ek wou dat sy...
-
ek kan velde met gras sien en rooi papawers wat waai in die wind Maar eintlik verlang ek na ons kinders. Volwasse en ontwikkeld en mooi. Dus...









.jpg)











.jpg)



