en toe die lentereën kom
was ons kaal saam in die bad
en nou in 'n April met tee
dink ek terug hm
marmalade borrelwater lemoensap
daai dag in die Griekse huis
op die rotse daar by Langebaan
het ons gesoen - ons twee - saam
dit was mos in tweeduisend en sewe
deux mille sept, ek leer lekker my Frans
ek studeer dit nie juis nie, maar darem, so tussenin
La langue française est magnifique à mes yeux. Tout comme le langage corporel des gens, parfois, ou plutôt : assez souvent.
Die Franse taal is pragtig in my oë. Net soos mense se lyftaal, soms, of liewer: nogal gereeld.
in hierdie nou kalmte skryf ek een nat nag
'n belle-lettre lieflik liefdevers
by haar parkhuis loer ek deur haar venster in
en blaas dood
haar vroegoggendwerkperdkers
in hierdie nou kalmte skryf ek een nat nag
'n belle-lettre lieflik liefdevers
by haar parkhuis loer ek deur haar venster in
en blaas dood
haar vroegoggendwerkperdkers
.
Le terme « belles-lettres » désigne principalement la littérature, en particulier lorsqu'elle est considérée sous l'angle de l'art, de l'esthétique et de l'érudition.
Die term "belles-lettres" verwys hoofsaaklik na literatuur, veral vanuit die perspektief van kuns, estetika en akademie.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.