Onder die heerskappy van Eumenes II (197–160 VAE), was Pergamon 'n ryk, ontwikkelende stad met 'n bevolking van meer as 200 000 mense. Kultureel het dit slegs met die stede Alexandrië en Antiogië meegeding.
Baie belangrike werke van beeldhoukuns en argitektuur is in hierdie tyd daar vervaardig, insluitend die Groot Altaar van Pergamon.
Met die dood van Attalus III, seun van Eumenes II, in 133 VAE, is Pergamon aan die Romeinse Republiek bemaak en het toe deel van die Romeinse provinsie Asië geword.
Die ruïnes van Pergamon is steeds belangrike argeologiese terreine in Turkye.
Manuskripte is op perkament geskryf, opgerol, en dan op die rakke gebêre as boekrolle.
Die idee dat perkament in Pergamon uitgevind is, is nie korrek nie, perkament was lank voor die opkoms van Pergamon in Anatolië en elders in gebruik.
Biblioteke is dikwels gebruik om rykdom, kuns en kultuur te weerspieël.
Die Attalid-koninkryk is in 133 VAE by die Romeinse Republiek geannekseer en die biblioteek van Pergamon het verwaarloos geraak.
Volgens 'n legende, het die Romeinse generaal Markus Antonius beslag gelê op die versameling van 200 000 rolle en dit as 'n geskenk aan sy nuwe vrou Cleopatra, Koningin van die Ptolemaïese Koninkryk van Egipte, in 43 VAE oorhandig, vermoedelik vir die Biblioteek van Alexandrië, wat beskadig is tydens Julius Caesar se oorlog in 48 VAE.
Dit is sterk te betwyfel of daar meer as 20 000 boekrolle was. Ek weet nie hoe groot hierdie boekrolle is nie, maar dit was groot en het baie plek opgevat. Ek skat hoogstens 5000 boekrolle daar, wat dink jy, ek dink ek weet nie. Maar dit was iets om op kennis te bou al het dit nou verdwyn. Dalk is daar nog van die boekrolle vol skribbels oor iewers. Wonder ek nou.
Die Romeinse keiser Augustus het van die boekrolle, ná die dood van Markus Antonius, aan Pergamon teruggegee en die biblioteek het tot in die laat antieke tyd bestaan. Dit is egter nie veel genoem deur latere historici nie, wat aandui dat die versameling van Pergamon nie meer betekenisvol was nie.
Die ruïnes van die biblioteek sit op 'n heuwel naby die Athena-heiligdom en ander geboue van die Akropolis van antieke Pergamon.
Hoog op ‘n heuwel het ‘n helske klomp stukkende wit pilare en groot stene oorgebly met derduisende ronddwalende toeriste wat verwonderend die ruïnes gade slaan, na die toergidse luister, oplees en wonder – wat de donder.
Maar hulle was welaf. Dies wat in die akrokoplis en die biblioteek en ander plekke van ontspanning en lafenis en ter ete en te drink rondgehang het in vloeiende klere met hooghartige uitdrukkings as die welaf uitverkorenes.
Die gimpsies was nie toegelaat nie. Dalk wel. Om die vloere te skrop. En die toilette.
Dis teen ‘n helling of heuwel of hang. Dis hoog op lyk dit my en kyk seker dan af in die vallei met een ou rivier wat kronkelend voortsleur en ‘n valk wat draai in eensame vlug.
Die roete van die rivier het toe verander oor die eeue.
Nou ja, ek het darem so ou klein iets van Pergamon geleer deur die dat my pa sy laaste bondeltjie posduiwe dit genoem het en vir my onder die posklip geplaas het.
Nooit voorheen eers vannie plek geweet nie en nou stap ons al in die koel skemerson met ons erfenis: uit Pergamon.