19/01/26

My poësie-blog / My Poetry Blog

   Annora Eksteen

Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea
But sad mortality o’er-sways their power,
How with this rage shall beauty hold a plea,
Whose action is no stronger than a flower?
O, how shall summer’s honey breath hold out
Against the wrackful siege of batt’ring days,
When rocks impregnable are not so stout,
Nor gates of steel so strong, but time decays?
O fearful meditation! where, alack,
Shall time’s best jewel from time’s chest lie hid?
Or what strong hand can hold his swift foot back?
Or who his spoil of beauty can forbid?
   O, none, unless this miracle have might,
   That in black ink my love may still shine bright.

Sonnet 65
William Shakespeare (c. 1564–1616)


My ongeveer 400 gedigte van my poësiedagboek oor my moeilike, selfs baie swaar reis: 2000–2025.

as die koel wind waai
en die sagte reën val
is ek bly
ek is tuis
in my skulpehuis

1. Skulpe in my hand

‘n Tyd om weg te stap

30 Gedigte (2006)


2. 'n Uitsig oor my land

‘n Tyd om te leer skryf

45 Gedigte (2007)


3. In my berghuis

‘n Tyd om uit te kom

40 Gedigte (2008)


4. Speel met blomme, verf soos ‘n kind 

My tyd in ‘n agterkamer

20 Gedigte (2009)


5. Sing nog ‘n slag: sing blomme, sing bome

My tye in woonstelletjies

25 Gedigte (2010–2013)


6. Lydingsliedere

Jare van swaarkry, armoede en die lewe se terapie

40 Gedigte (2017–2025)


7. ‘n Klip met ‘n holte

Verwerkings uit my pa se oeuvre

70 + 1 Gedigte (2000–2025)


8. Mymerende nadenke

‘n Tyd om te laat gaan

60 Gedigte (2017–2025)


9. In my bed

Tye van genesing en verstandelike beterskap

30 Gedigte (2020–2025)


10. A Time to Calm Down

In a basement room in Randburg (2019–2025)

Poems (2006–2025)


11. Dankbaarheid en vrede

Langs die stroom, met Netflix, YouTube en leeswerk

20 Gedigte (2020–2025)


12. Tye onder die son in skoonheid en liefde

Deur al die lange jare met musiek, kuns en letterkunde

20 Gedigte (2024–2025)


🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025

Die Biblioteek van Pergamon

Dit is 'n antieke Griekse gebou in Pergamon, Anatolië, wat vandag naby die moderne dorp Bergama, in die Izmir-provinsie van Wes-Turkye geleë is. Dit was een van die belangrikste biblioteke in die antieke wêreld.

Pergamon is gedurende die 3de eeu VAE, gedurende die Hellenistiese Era, gestig.
 

Onder die heerskappy van Eumenes II (197–160 VAE), was Pergamon 'n ryk, ontwikkelende stad met 'n bevolking van meer as 200 000 mense. Kultureel het dit slegs met die stede Alexandrië en Antiogië meegeding. 


Baie belangrike werke van beeldhoukuns en argitektuur is in hierdie tyd daar vervaardig, insluitend die Groot Altaar van Pergamon. 


Met die dood van Attalus III, seun van Eumenes II, in 133 VAE, is Pergamon aan die Romeinse Republiek bemaak en het toe deel van die Romeinse provinsie Asië geword.


Die ruïnes van Pergamon is steeds belangrike argeologiese terreine in Turkye.


Manuskripte is op perkament geskryf, opgerol, en dan op die rakke gebêre as boekrolle.


Die idee dat perkament in Pergamon uitgevind is, is nie korrek nie, perkament was lank voor die opkoms van Pergamon in Anatolië en elders in gebruik.


Biblioteke is dikwels gebruik om rykdom, kuns en kultuur te weerspieël.


Die Attalid-koninkryk is in 133 VAE by die Romeinse Republiek geannekseer en die biblioteek van Pergamon het verwaarloos geraak.


Volgens 'n legende, het die Romeinse generaal Markus Antonius beslag gelê op die versameling van 200 000 rolle en dit as 'n geskenk aan sy nuwe vrou Cleopatra, Koningin van die Ptolemaïese Koninkryk van Egipte, in 43 VAE oorhandig, vermoedelik vir die Biblioteek van Alexandrië, wat beskadig is tydens Julius Caesar se oorlog in 48 VAE.


Dit is sterk te betwyfel of daar meer as 20 000 boekrolle was. Ek weet nie hoe groot hierdie boekrolle is nie, maar dit was groot en het baie plek opgevat. Ek skat hoogstens 5000 boekrolle daar, wat dink jy, ek dink ek weet nie. Maar dit was iets om op kennis te bou al het dit nou verdwyn. Dalk is daar nog van die boekrolle vol skribbels oor iewers. Wonder ek nou.


Die Romeinse keiser Augustus het van die boekrolle, ná die dood van Markus Antonius, aan Pergamon teruggegee en die biblioteek het tot in die laat antieke tyd bestaan. Dit is egter nie veel genoem deur latere historici nie, wat aandui dat die versameling van Pergamon nie meer betekenisvol was nie.


Die ruïnes van die biblioteek sit op 'n heuwel naby die Athena-heiligdom en ander geboue van die Akropolis van antieke Pergamon. 


Hoog op ‘n heuwel het ‘n helske klomp stukkende wit pilare en groot stene oorgebly met derduisende ronddwalende toeriste wat verwonderend die ruïnes gade slaan, na die toergidse luister, oplees en wonder – wat de donder.


Maar hulle was welaf. Dies wat in die akrokoplis en die biblioteek en ander plekke van ontspanning en lafenis en ter ete en te drink rondgehang het in vloeiende klere met hooghartige uitdrukkings as die welaf uitverkorenes.


Die gimpsies was nie toegelaat nie. Dalk wel. Om die vloere te skrop. En die toilette.


Dis teen ‘n helling of heuwel of hang. Dis hoog op lyk dit my en kyk seker dan af in die vallei met een ou rivier wat kronkelend voortsleur en ‘n valk wat draai in eensame vlug.


Die roete van die rivier het toe verander oor die eeue.


Nou ja, ek het darem so ou klein iets van Pergamon geleer deur die dat my pa sy laaste bondeltjie posduiwe dit genoem het en vir my onder die posklip geplaas het.


Nooit voorheen eers vannie plek geweet nie en nou stap ons al in die koel skemerson met ons erfenis: uit Pergamon.

05/01/26

In antieke Mohenjo-daro

ek lees en lees

weer diep getref

deur wat ek lees

week in my wese

en week in my gemoed


jy weet, my kat het besluit

om vandag te sit op my skoot

die verwarmer kletter

die tuimeldroër droog


jy is hier by my op Mooiskulpsee

en ek sit my liefde vir jou neer 

vir die groot digter

op sy ou skoot


kom saam, kom saam na Mohenjo-daro

kom saam, kom saam, ek wil sy stem hoor


ek wil

verstaan


van antieke Mohenjo-daro

se digter-sprekersbeendere 

in woestynstof vergaan


ek wil

verstaan


van ongeletterde vertellers in die Indusvallei

van ledige sonskyndae in Chaitra

van mangoes wat ryp hang

terwyl poue verlep loer

hoe ‘n digter gedigte bewerk

en die heelal 

geen notisie daarvan neem nie


afgesonder in Kolkatastilte

afgesluit in ou Santiniketan

met net die warm somerasem

en die naglewerike van Bengale 

se Rabindranath-wasem


🦋

© Annora Eksteen

03/01/26

Om my deursigte huis te bou

suiwer skoon en rein
waar mense ver kan sien

in die wesenseie van

oorspronklike helder denke

sonder invloede van buite

innerlik diep nederig

wat in my vingers inloop

uitvloei skep ontdek 

lewegewende uitdrukking

en dan kan mens asemhaal 

om ‘n helder skoonheid te verkry in kuns 

om in vervulling asem te haal

vry om te wees soos is




My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...