die reuk van sy wilde pyp
bontgespikkelde ponies galoppend teen waaiende hange
skoon en koud en mooi soos die mis
die gletsermeer sing as sy ‘n waterval word
die gletsermeer sing as sy ‘n waterval word
voel ek nou wil ek huil soos die wind deur die olywe
soos die jakkals wat tjank ná die Anglo-Boereoorlog
ag tog, vaderland en moedertaal
al wat ek doen is lê en skryf in my bed
ek het darem die kamelias gepluk, baie mooi
is dit, ook Inkalelies en rose
en so aan
.
Morene-gedamde meeruitlate: Gletsermere word dikwels in plek gehou deur damme van grond en rots (morenes) wat deur die gletser agtergelaat word. As water oorloop of deur hierdie versperring breek, kan dit 'n waterval skep soos dit na die laer hoogte buite die bekken daal.





Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.