dis eintlik lekker toe ek ouer word
armlastig weggebreek het
dat ek toe weet
ek hoef nie meer deur palawas te gaan nie
ek kan nie opdaag en my gesig wys nie
hetsy geleenthede, lewensvierings of begrafnisse
skitterend in my
ek is nie daar nie
ek kan dit nie hanteer nie
dit maak my fisies siek
so eenvoudig
ek gaan net nie
en dit
is wys
vir my
.
(NC = No Contact)
Hulle raai dit aan as mens met soveel skade sit: Mishandeling.
Nooit weer nie beteken nooit weer nie.
Plakterapie
2020—2026

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.