ek hou van die woord
en ek doen maar net my eie
konsentrasie op my voeteval
my denke, asemhaal, tel
verplasing van jou denke op jou liggaam
ontspanning van my lyf
ek hou van die idee
om in myself te wees
weg te kon kom van al die opswepende saamtrekkings
hoog in emosionele gevoelens
ek het nie besef dat om gewoond te kon raak
sonder dit, al die mense, die groepe
is soos die Boeddhisme seker: die idee
om weg te kan fokus van emosionele pyn
op die eenvoud van bestaan in ‘n alleen lewe
sonder dit, al die mense, die groepe
is soos die Boeddhisme seker: die idee
om weg te kan fokus van emosionele pyn
op die eenvoud van bestaan in ‘n alleen lewe
wat seker nie iets te doen het met Vipassana-retreats nie
hulle sit so in pyn in die lyf en mediteer
en eet net chick peas en boontjies en so aan
rig hulle denke op vet weet eintlik wat
op kekerertjies, pesto, hummus en lensiesoppe
seker net weg van die probleme van die wat ook al
mense en hulle maniere kon my darem al so ontstel
maar nou sny ek maar uit: al die te veel dinge
van die mense met mikrofone en fokus op waarin ek belangstel
soos goeie boeke en nie die nuutste sosiale of vreeslike nuus nie
daar's maar baie dinge wat ek deesdae liefs vermy
oor my pts nogal ingewikkeld, angs, bipolariteit, nogal moeilik om met hierdie siektes, seker oor die kinderjareskade, ook sensitiwiteit en fynbesnaardheid
so al die opwindende daaglikse oor die media het eintlik ook maar niks met my te doen nie, eks nie hier op aarde verder om politiek en misdaad en wie weet wat in die nuus te volg nie
snaaks hoeveel vrede ek kon kry deur die nuus meestal te vermy
ek weet dit raak nogal vervelig, seg, om so te leef elke dag, maar ek moet myself maar rustig hou
en klaar ou jan blaar
diep asemhaal, retreat
maar ek moet maar my lyf beweeg
en die dinge help net tot op 'n punt toe
dan drink ek wyn en bestel McDonalds
o nee! nie meer DIT nie Annie !
en voel weer baie lekker hm
sal nog lekkerder voel
Vipassana hm, jimmel Annie
ai well, Amalathae, dis okay: dit voel vir my darem meer eerlik

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.