19/09/25

Ek is terug soos die glans in kersiebrandewyn

en nou dat ek daar is, dat ek weer hier is
waar ek nie eens geweet het ek wou wees nie

met die klankbaantemas, die swewende mooi
die melodieë, die ontwikkelings, die terugkeer
die tuiskoms, die herhaling van A-akkoorde

die saam in ‘n kar met lugverkoeling ry
die sagtheid van die sand se okerroes
die hitte binne my kry

die nag se koel rus 
in die reuk van skaapkrale
‘n perd wat veraf runnik tussen waaiende geel gras

dis die stofdruppels ná die reën
dis die uitvloei van groot riviere na die wye see

dis die ruspunt, dis die binnekant, dis in myself
dit is alles wat ek soek in Kirsch vir my warm bloed

die helder lig wat gloeiend in ‘n lantern skyn
dis hier, dis als, dis binne, dis in my

hier waar ek steeds bly is dit vry
die stil ruimte om my
en ek is terug

ek gaan nie dat dit my weer vang
ek gaan my papierblomme aan die draad ophang

Hier by die muur voor ek vir klein Pragyatjie gaan lesgee het
Junie, 2023


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...