19/09/25

Ek klim van die bus af met my inspirasie en my bagasie

want hier bly ek al vir eeue in ‘n ou stad
groen, met kolossale beeldhouwerke en statige geboue
wat dateer uit eras van skoonheid in argitektuur
wat lank sou duur

en ek onthou, van die dag toe ek in die ou Raadsaal gestaan het, vir ‘n uur die reling van die ou trappe gestreel het, dit was so mooi, soos die jonkmanskaste in die Kaap, want die Kaapse meubelmakers van Genadendal het al sedert 1652, iets gemaak van ons hier, want dit gaan alles oor

ou woorde, wyse woorde, nuwe woorde, oor nuwer woorde, oor
nuwe, nuwer, die nuutste waarhede in die heel, die wonderskoonste

die beste:
poësie

Nelson Mandela-plein, Sandton Square
Anton Smit se beeldhouwerk, Oktober, 2022


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...