20/09/25

Ek hoor die klanke as ek verby stap

in die straat verby Deltapark
staan ‘n huis met lae geel mure
daar woon ‘n ou man met ‘n krom rug
en knobbelrige vingers
sy kleinseun oefen elke dag ‘n tuba

op die gras, nog dor en winterbros
stap die ou man laat een middag
sy oë op die vuil sypaadjie gerig

as ek my ver pad
met nuwe moed in die lente
terug huis toe stap, sien ek elke Vrydag
‘n Land Cruiser met ‘n lang sleepwa
hy laai vyftien parkfietsryers af

dis alles wat ek sien
en ook die torings van Sandton
die besemverkoper
die wag voor die kleuterskool
die akkerbome in die laning
die eekhorings wat rondskarrel
die duiwe wat opvlieg
en die ape wat in die takke

rondswaai

Deltapark, 2022

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...