18/09/25

My windswael is weg

dis kugtend droog en so stowwerig
my keel brand seer
en die put was te diep
die ketting geroes

alles breek

my bed so sag het opgehou wag
ek sou nooit inkruk en snoesrustig slaap
met jou onder my hande strelend oor jou vel liefste

ek wat geleef het vir ons tye saam eendag
ek wat geweet het van ons ryk kuns diep op verskeie vlakke

ons saam wat ook al kon gebeur
storms trotseer
lyflikheid soen
slaap in stom sinne van ruimteblou wolke

maar jy is nie meer nie

en al wat oorbly van vandag
is my vroegoggend lag

Stillewe, 2023

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...