oor my gesprek met Amalathae
oor Noorweegse kamermusiek
waar hulle staan en musikaal beweeg
en die musiek lees vanaf tablette
en ek wat kom met
ek het darem die afgelope drie jaar
meer dikwels oases van aanvaarding
en liefdevolheid gevind
ook baie gesien in die Netflix-flieke
om tussendeur liefde vir myself
net weer in gedagte te hou
want ek waardeer
dat ek nog self kan beweeg, kan skryf
nog in my volle verstand is, met ‘n goeie geheue
en nou, ná alles, ‘n baie beter begrip
en
ek't nog gesondheid in die rondheid
en dagdrome uit die vrugbare grond uit
Maart 2021 in Cresta-winkelsentrum

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.