19/09/25

‘n Laaste lied

op pad in die niet
‘n altyd se laaste lied

buig die bome in die woud
waai die sterre
vir die kwynende sekelmaan

mooi is hy vanaand
met 'n stralekrans

sluk die wond in julle kele

op pad in die niet
‘n altyd se laaste lied
digters van Mohenjo Daro
hulle werk is lankal vergane
maar steeds bly dit 'n nes 
vir die wêreld

die Kurchibome in blomprag by Visva Bharati
die bontrug skilpaaie veilig by die Bôrdienghuis
in Wellington

Sutterland
Père-Lachaise
Botterkloof
Shantiniketan

Slowly Down the Ganges

die groen aarde
bly ‘n erfenis

julle aandsterre het deur sterlig gegaan
en weer die oggendlig gekry
hier by my in my klein binnehof
met rondloopkatte digby my
en om my geel is die suurlemoene
wanneer die swaeltjies terugkeer
op ‘n lieflike oggend in die lente

by ‘n diep put in Bhubaneswar
het ek weer ‘n altyd vry
groen breyten-boom gekry

vry ! vry ! vry !

Parkhurst, 2024


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...