08/08/25

Ek hoor steeds die see

want by die grou waters van Skuilbaai

het alles te lank aangehou

 

die see was so wild

sy wou my intrek

ek wou moed opgee 

en verdrink


maar ek het weggestap 

met my swaar bene

vol depressie


en al het hulle in 2018 weer my werke weggevat

het ek probeer om saam met my pa in 2024 AE

vir twaalf maande deur die Dodekanisos te swem

om ook by die antieke bronne uit te kom


al het ek geen grondslag

in die klassieke Griekse lettere nie

bereik ek daarna wel die strand

met vars water op Leros-eiland


waar om die draai deur die hek

die windmeulhuise vir my welkom heet


en daar in 'n dorpie kom ek af

op sewe versierde waterfonteine

se vriendelike gasvryheid


van vrede


🦋

© Annora Eksteen, 2025

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...