die teëls was so wit bleikmiddel
met spatsels blou
die verlepte gordyntjies vol fyn blommetjies
hang met verroeste skakeltjies aan die kap
vrotterig ruik haar viooltjies
in goor plastiekbakkies op die vensterbank
altyd terug na die badkamer
die verpulpte frangipani
gekneus en bevrees
met spatsels onthou
🦋
© Annora Eksteen, 2025