daai jaar wat 1963 was
‘n huis met narinalelies in die tuin
‘n tuin wat vol blombeddings was
daar was 'n uitsig op dan seker
die Stellenbosch se berg
so het ek later gesien op verbleikte kiekies
ek onthou ons het eendag op ‘n uitstappie gegaan
en daar stap ek in ‘n vlei
en verdwyn tussen lang groen gras
en daar is massas aronskelke rondom my
hoër as my kop
en ek hou wit skoenlappers dop
toe pa my handjie vat
my optel digby hom
en so trek hy my nog altyd nader
so het ek later gesien op verbleikte kiekies
ek onthou ons het eendag op ‘n uitstappie gegaan
en daar stap ek in ‘n vlei
en verdwyn tussen lang groen gras
en daar is massas aronskelke rondom my
hoër as my kop
en ek hou wit skoenlappers dop
toe pa my handjie vat
my optel digby hom
en so trek hy my nog altyd nader
my digter-pa
my skittersteen
my skittersteen
🌿
Ter nagedagtenis aan Louis C Eksteen
20 Oktober 1930–13 Oktober 2001
🦋
© Annora Eksteen, 2025