14/09/25

Wildekrans

ek het nie ‘n rookvissie
op die kole kon gooi nie

en ek het nie gesing
van die rookvissie op die kole nie

ek het nie
om die vlamme gedans nie

daar ver daai dag stappend
op wilde Wingerdkrans

Botrivier, Februarie, 2017











My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...