14/09/25

Watermusiek

wanneer die lug skerp is
hoor ek koue helder musiek
van die watervoëls

hulle klink soos horings
wat ‘n jagtog uitroep

ek sit naby aan die groen dam
op ‘n kraakvars waterige oggend
en luister na hierdie
watermusiek

Deltapark, 2025








My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...