ek lees en lees
weer diep getref
deur wat ek lees
week in my wese
en week in my gemoed
jy weet, my kat het besluit
om vandag te sit op my skoot
die verwarmer kletter
die tuimeldroër droog
jy is hier by my op Mooiskulpsee
en ek sit my liefde vir jou neer
vir die groot digter
op sy ou skoot
kom saam, kom saam na Mohenjo-daro
kom saam, kom saam, ek wil sy stem hoor
ek wil
verstaan
van antieke Mohenjo-daro
se digter-sprekersbeendere
in woestynstof vergaan
ek wil
verstaan
van ongeletterde vertellers in die Indusvallei
van ledige sonskyndae in Chaitra
van mangoes wat ryp hang
terwyl poue verlep loer
hoe ‘n digter gedigte bewerk
en die heelal
geen notisie daarvan neem nie
afgesonder in Kolkatastilte
afgesluit in ou Santiniketan
met net die warm somerasem
en die naglewerike van Bengale
se Rabindranath-wasem
🦋
© Annora Eksteen