daar is ‘n klein ou fabeltjie
miskien wil jy dit hoor
kom dan hier en luister
luister met jou oor
op ons dorp se weiveld
die gras so mooi en groen
het ‘n eseltjie geloop
geloop en niks gedoen
toevallig vind sy toe
hierdie goue fluit daar laat val
laat val deur ‘n singende dogtertjie
daar teen ‘n groen graswal
toevallig begin die eseltjie
om aan die goue fluit te ruik
en toevallig begin sy daarin blaas
blaas toe sy so ruik
toe moes jy darem hoor
hoe dié te pragtig begin fluit
toe moes jy darem luister
na dié fluit se fraai geluid
en so gebeur dit nog
dat ‘n ou eselvroutjie
sonder die minste wins
toevallig iets kan regkry
amper net soos kuns
🦋
© Annora Eksteen, 2025
ANNOKKIE SE GOUE FLUIT is ‘n verwerking van DIE ESEL EN DIE FLUIT deur Louis Eksteen (1930–2001), ‘n vry verwerking van El burro flautista deur Tomás de Iriarte (1750–1791).
Die gedig is gepubliseer in die digbundel VERSE VAN ‘N LANDLOPER deur Louis Eksteen, Voortrekkerpers, 1969
© Eksteen-gesin