19/09/25

Ek het vrede gemaak met evolusie

al is dit maar ‘n morserige bloederige natterige proses
en dan nog al die ander afskeidings
wat uit mens en dier se liggame kom

ook die hare wat so afval en uitval
die naels, die tande, die oud word, die siektes

die dood

soveel dinge wat getem en beheer moes word
om beskaafd te kan leef

evolusie is wonderlik, wonderskoon en ‘n belewenis
maar
evolusie is opreg onbetrokke en werklik
wreed

In my bed, Junie 2023


My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...