19/07/25

Alonnisos

vandag droom ek terwyl ek

op Alonnisos se markte rondstap


op soek na ’n armband vir jou

gemaak van hout en koperkrale


groot en bonsig styf om jou arm

sal dit pas sodat ek altyd by jou is


ek dagdroom van daardie bootreis

op die asuur Mediterreense see


saam met jou


op hierdie Griekse eiland

sus ek vir klein Pelagia op my skoot

en die weer is heerlik saans


© Annora Eksteen, 2009

Speel met blomme, verf soos 'n kind

Annora Eksteen

20 Gedigte (2009)

2. Alonnisos



https://visitthessaly.gr/en/suggestions/alonissos-town-aegean-above


In 2009 in die bediendekmer moes intrek. Wou intrek.


Je voulais emménager dans la chambre de bonne.

Je n'avais pas le choix, à cause de mes problèmes. Mais c'était difficile, alors j'ai imaginé vivre dans une vieille cabane de berger sur l'île d'Alonissos.


I wanted to move out into the maid's room. I had to, because of my problems. But it was hard, so I imagined I live in an old shepherd's hut on the island of Alonissos.


.

Pelagia is 'n karakter in Captain Corelli's Mandolin deur Louis de Bernières. Baija mooi: boek gelees, film gekyk, musiek geluister. Ou Louis bou self sy mandoliene en kitare. Skryf mooi musiek. Als baie aangenaam, helend en strelend. Ook van hom gelees: Birds Without Wings, sy heel beste boek oor Turkye no less en onlang: So Much Life Left. So iets. Oor Sri lanka, voorheen Ceylon en die Britse gentelmen wat verlief geraak het op die local jong vroue en vice versa. Dan kry hulle kinders saam en baie van die Engelse erken die kids en betaal vir hulle onderhoud en opvoeding. Destyds, volgens Louis, was dit algemeen dat ryker mans mistresses gehad het. In hierdie geval was sy vrou frigid. Vrouens raak dikwels frigid oor seksuele aanranding toe hulle nog dogters was of jong vrouens. Of het seksuele probleme met mans, ens. Soos Diana, dink ek,  dat sy dit self ook nie eers ooit besef het nie. Sy was mal oor mans. Charles was haar droom man en prins, maar ek dink dalk kon sy ook nie die penisding juis doen nie. Wonder ek in elk geval. Soms is hulle maar net koue visse, kan nie eers strelings en liefdevolle soene en lyfkosings nie. Baie vroue wat alleen opeindig as women of reduced means het baie skade opgedoen. Mans. Pa's. Oupas. Broers. Ooms. Neefs. Dan word die vroue as mislukkings beskou. Louis skryf uit 'n manlike oogpunt en manlike perspektiewe. Hy raak nie aan skade aan vroue nie. Karring aan oor hoe seuns mishandel is in kosskole. Sy groot vriend, ou Charles Spencer, het ook in sy memoir daaroor geskryf. Ou Pelagiatjie het nie sexual problems gehad nie. Very much into old Corelli. And his mandolin.



Die Egeïese See
The Aegean sea
La mer Égée

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...