11/07/25

Koffiekuns

wat is kuns sonder koffie 
en koffie sonder kuns

ja, die koue kaggel wag

vir die brandende stompe van vannag

en die skilderes van kaal kuns


sy praat met my deur gevinde dinge

dan kyk ek diep en sien in haar sinne

verborge geheime en sulke diep pyne

uit ’n vroeër tyd se lirieke en ryme


verborge geheime

en sulke diep pyne

verskyn in die vuur 

ná die middernaguur


verborge geheime 

en sulke diep pyne

wat later verdwyn

soos onbekende ryme




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...