22/07/25

Slaap is soms nou soet

dan draai dit als om my

die sagtheid van die bont duvet

die snoesige kat die dik boek 

die kristal waterglase 

die dowwe bedlamp

die ligte gordyne

die fraai skilderye 

die uitsig uit die venster

oor die donkerte 

van ons bergland


teen half vyf sing die voëltjies buite

kyk ek hoe die lig val deur die ruite

oor die ou leerstoel skoongeskrop

as die vertrek gebaai lê in sagtheid


die pêrelgordyne beweeg 

die lug waai vars deur die vensters wyd oop

oor die laslappie kusssings, die houtvloer 

die ou tafel met die droë blommetjies

en die soet amalings in mooi potte


slaap is soms nou 

soet 


🦋

© Annora Eksteen, 2010


Dit was net om myself positief ingestel te kry elke oggend, maar slaap was hel vir 16 jaar lank. Angs. Dis iets vreesliks. Nou rustiger en beter vandat ek op Windermere 'n lang hiatus kon vat. Weer eens my verbeelding. Ek was 9 jaar laas weg met 'n wegkomkans uit Randburg uit. Soms darem lekker D&D se vissies en Binky kon oppas en weer binnekort. Verder net omtrent heeltyd op my bed in die kelderkamertjies as ek nie die strate moet stappens nie.


Dit is wel verbasend dat die intellek in staat is om mens se denke op verbeelde paaie te kan rig wat baie help as mens baie sukkel.


Hierdie is 'n paar foto's van 2010. Dit is asof tyd by my gaan stilstaan het.


Dis als verbye tye en weg, maar die herinneringe van die paar, baie eintlik, mooi oomblikke ook — is kosbaar. Ek kyk dikwels terug na die verlede en verstaan so dan: die hede.


Laat gaan ook dan so — die bagasie.







Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...