opsommend in ‘n nota van agthonderd woorde
probeer ek dit verduidelik
ek was voortdurend gespanne tussen mense
en dikwels in vrees
ek het so vol angs geraak
dat my hande begin bewe
en daar was tussentye
van swaar depressie
ook het ek bipolariteit
wat veroorsaak het dat ek stil, rustiger
in onttrekking leef
en nou is ek stabieler
en kalmer
ek moenie weer verstar oor seksuele misbruik nie
dit — gepaardgaande met fisiese geweld
aan my gedoen toe ek klein was
eers die onthou van Oupa Vrot
en sy aaklige ou erekte penis
en toe alles oor die ou vrou se metodes met my
afskuwelike aanrandings in geheel
en later — my ontkenning —
dit kón tog nie gebeur het nie
maar hy en sy was misdadig versteurd
tog ‘n reuse verskil nè: tussen misdadig versteurd
en ‘n spanning-probleemfunksionering in angsaanvalle
.
‘n professor wat deur MRI-skanderings breinskywe ontleed
het op 'n dag vir my gesê:
emosionele skade aan die brein
kan nie genees nie
so ek moes aanvaar
dat ek daarmee moet saamleef
in eensame onttrekking, om kalm te bly
mense verstaan dit nie maklik nie
maar het geleer om dit te aanvaar
eks baie erg sensitief
mense se rowwe handelinge, woorde
onstiptelikheid, slordige aksies
maar tog: mens kan dit kanselleer
vir jouself, en vir jou eie gemoedsrus
wegfokus daarvan en dit so in skrywe
laat gaan
so kan dit aangespreek word
onthou word
en in die sterkste kritiek moontlik
afgekeur word
ons moet die stiltes breek
en tog word die praat daaroor
steeds te dikwels vermy, want
dit is te pynlik om te sê: DIT
is wat met my gebeur het
so ek skryf daaroor in skryfterapie
in my poësiedagboek
en so raak dit wat vir lank ondraaglik was draaglik
deurdat ek en my dogter ons swaar las kon agterlaat
om uiteindelik vry, weg te kon gaan
van die pynlike verlede
met vrede en liefde vir ons geliefdes
kon ons onsself vind
en ligter en vol lig
probeer ek dit verduidelik
ek was voortdurend gespanne tussen mense
en dikwels in vrees
ek het so vol angs geraak
dat my hande begin bewe
en daar was tussentye
van swaar depressie
ook het ek bipolariteit
wat veroorsaak het dat ek stil, rustiger
in onttrekking leef
en nou is ek stabieler
en kalmer
ek moenie weer verstar oor seksuele misbruik nie
dit — gepaardgaande met fisiese geweld
aan my gedoen toe ek klein was
eers die onthou van Oupa Vrot
en sy aaklige ou erekte penis
en toe alles oor die ou vrou se metodes met my
afskuwelike aanrandings in geheel
en later — my ontkenning —
dit kón tog nie gebeur het nie
maar hy en sy was misdadig versteurd
tog ‘n reuse verskil nè: tussen misdadig versteurd
en ‘n spanning-probleemfunksionering in angsaanvalle
as gevolg van trauma
my lyf het onthou: dit is oor die konneksie
die senuwees — tussen die brein en die liggaam
en biologies — met ander woorde
en daarin lê geen vrye wil
in reaksies van vrees en histerie en huil nie
my lyf het onthou: dit is oor die konneksie
die senuwees — tussen die brein en die liggaam
en biologies — met ander woorde
en daarin lê geen vrye wil
in reaksies van vrees en histerie en huil nie
ook tydens seks en sedertdien is ek selibaat
lyk dit my — op 'n manier
my seksualiteit as vrou is baie erg beskadig
mense het lyk my daaroor begin praat
sonder dat ek hoegenaamd geweet het
dat my gedrag dié van 'n baie bang kind was
maar dit was oor langtermyn skade
en ek sou nooit onthou het
as ek nie keer op keer ontsettend
gehertraumatiseer was nie
.
teen die einde van 2020
in angsgille, in verskriklike huil
in die ergste episode van my lewe
het ek die laaste stukke
in detail onthou, want
ek het elke leidraad opgevolg
ek het al die navorsing gedoen
ek het die moeilikste skrywe daaroor deurgewerk
films gekyk, na psigiaters en psigekundiges geluister
en al die verlore stukke gevind
alles is opgelos en uiteindelik het ek verstaan
hoekom ek so gesukkel het
dwarsdeur my lewe
dit kom iewers vandaan
dit is aan my gedoen
waarna psigiaters my dosis
valproaat & valproïensuur opgeskuif het
taamlik hoog, maar die Epilim het gehelp
en my gemoedskommelings het uiteindelik
meer gestabiliseer
ek het geleer om my emosies beter te beheer
om nie so erg ontsteld te raak
deur tragiese gebeure nie
ek vermy liefs die koerante
die nuusberigte oor politiek
oor oorloë, oor moorde
ek vermy sosiale media
tot ‘n groot mate
min is baie meer vir my
ek moes leer om sonder die geleenthede
saamtrekke, reünies, koffie met ou vriendinne
uitgebreide kuiers met familie en vriende
reg te kom
wat ander kan, kan ek nie
ek word te psigosomaties siek daarna
en ek is amper 65
as ek steeds ‘n masker dra in die winkels
doen ek dit met ‘n rede en dit is
om nie kieme of geselsies
te maklik op te tel nie
om altyd aan my eie welstand
te dink
my seksualiteit as vrou is baie erg beskadig
mense het lyk my daaroor begin praat
sonder dat ek hoegenaamd geweet het
dat my gedrag dié van 'n baie bang kind was
maar dit was oor langtermyn skade
en ek sou nooit onthou het
as ek nie keer op keer ontsettend
gehertraumatiseer was nie
.
teen die einde van 2020
in angsgille, in verskriklike huil
in die ergste episode van my lewe
het ek die laaste stukke
in detail onthou, want
ek het elke leidraad opgevolg
ek het al die navorsing gedoen
ek het die moeilikste skrywe daaroor deurgewerk
films gekyk, na psigiaters en psigekundiges geluister
en al die verlore stukke gevind
alles is opgelos en uiteindelik het ek verstaan
hoekom ek so gesukkel het
dwarsdeur my lewe
dit kom iewers vandaan
dit is aan my gedoen
waarna psigiaters my dosis
valproaat & valproïensuur opgeskuif het
taamlik hoog, maar die Epilim het gehelp
en my gemoedskommelings het uiteindelik
meer gestabiliseer
ek het geleer om my emosies beter te beheer
om nie so erg ontsteld te raak
deur tragiese gebeure nie
ek vermy liefs die koerante
die nuusberigte oor politiek
oor oorloë, oor moorde
ek vermy sosiale media
tot ‘n groot mate
min is baie meer vir my
ek moes leer om sonder die geleenthede
saamtrekke, reünies, koffie met ou vriendinne
uitgebreide kuiers met familie en vriende
reg te kom
wat ander kan, kan ek nie
ek word te psigosomaties siek daarna
en ek is amper 65
as ek steeds ‘n masker dra in die winkels
doen ek dit met ‘n rede en dit is
om nie kieme of geselsies
te maklik op te tel nie
om altyd aan my eie welstand
te dink
.
‘n professor wat deur MRI-skanderings breinskywe ontleed
het op 'n dag vir my gesê:
emosionele skade aan die brein
kan nie genees nie
so ek moes aanvaar
dat ek daarmee moet saamleef
in eensame onttrekking, om kalm te bly
mense verstaan dit nie maklik nie
maar het geleer om dit te aanvaar
eks baie erg sensitief
mense se rowwe handelinge, woorde
onstiptelikheid, slordige aksies
en dikwels onbetroubare gedrag
sommige se grootheidswaan
is alles geweldig dreinerend vir my
dit ontstel my te veel, maak my moeg
maak my bang, maak my fisies
siek
.
op hierdie manier kan ek tog wel van myself praat
as genees of dan op die spektrum
van genesing
en my pa se pa se seksuele aanrandings
aan dogters, aan my ook
aan my sussie, my tannie
en ook aan ander meisies
is lankal goed bekend
my psige was vir so lank afgebreek in geheueverlies
tot ek geweet het: ek ook
dit het gebeur
niks kan dit verander nie
en ook: ma’s bestaan
wat dit aan hulle dogtertjies doen
selfs aan hulle kleindogters
hou vas my hart, want ek het gedink DIT
was my finale doodskoot, maar dit het gebeur
dit bestaan en niks wat bestaan of wat bestaan het
kan ooit ongedaan gemaak word nie
sommige se grootheidswaan
is alles geweldig dreinerend vir my
dit ontstel my te veel, maak my moeg
maak my bang, maak my fisies
siek
.
op hierdie manier kan ek tog wel van myself praat
as genees of dan op die spektrum
van genesing
en my pa se pa se seksuele aanrandings
aan dogters, aan my ook
aan my sussie, my tannie
en ook aan ander meisies
is lankal goed bekend
my psige was vir so lank afgebreek in geheueverlies
tot ek geweet het: ek ook
dit het gebeur
niks kan dit verander nie
en ook: ma’s bestaan
wat dit aan hulle dogtertjies doen
selfs aan hulle kleindogters
hou vas my hart, want ek het gedink DIT
was my finale doodskoot, maar dit het gebeur
dit bestaan en niks wat bestaan of wat bestaan het
kan ooit ongedaan gemaak word nie
maar tog: mens kan dit kanselleer
vir jouself, en vir jou eie gemoedsrus
wegfokus daarvan en dit so in skrywe
laat gaan
so kan dit aangespreek word
onthou word
en in die sterkste kritiek moontlik
afgekeur word
ons moet die stiltes breek
en tog word die praat daaroor
steeds te dikwels vermy, want
dit is te pynlik om te sê: DIT
is wat met my gebeur het
so ek skryf daaroor in skryfterapie
in my poësiedagboek
en so raak dit wat vir lank ondraaglik was draaglik
deurdat ek en my dogter ons swaar las kon agterlaat
om uiteindelik vry, weg te kon gaan
van die pynlike verlede
met vrede en liefde vir ons geliefdes
kon ons onsself vind
en ligter en vol lig
verder leef
sonder die verlede
sonder die verlede
se bagasie
🦋
🦋
© Annora Eksteen, 2025
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.