30/08/25

Pa se lang einde was swaar

later in depressies meestal net gesit
effe ongeduldig met die kinders
darem nog grappe gemaak
soms tog nog gelees

drie dae voordat hy weg is
het ek in die hospitaal aangekom
en daar lê hy

in sy doodsroggels
in my onbeheerbare gehuil
in oom Koedoe wat my troos
in ‘n snak ná die laaste flou asem
in sterftyd, liefste pa
dit is nou

alles was in wit toegemaak
pa so dun
is afgesit

🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...