wat nie moes gebeur het nie
het gebeur en daarna
as volwasse vrou
die jarelange vlakke
die jarelange vlakke
en fases van rou
les temps perdu
stale bread
ou brood
pain perdu
verlore brood
les temps perdu
stale bread
ou brood
pain perdu
verlore brood
die verlore tye
kom ons maar braai dit
kom ons maar braai dit
as dit reeds goed verhard het
maak dit eetbaar
maak dit eetbaar
maak dit weer smaaklik
pain frit
gebraaide brood
à la française
pain frit
gebraaide brood
à la française
ek kan werklikwaar nou nie nog
heuning ook op dit gooi nie
of selfs 'n sprinkeling van droë versiersuiker
ná die jare van swaarkry
maar ek moenie daarin vasstaar nie
woede, om woede te ervaar is normaal
hou dit binne, hou dit in, moenie na buite dit te wys nie
die uitskryf daarvan, die blaas dit nou deur die ruite
na buite
ek rou nie meer oor my lewe nie
dit is goed vir my --- hoe ek dit hanteer het
the regression --- the withdrawing into shells
bomb shelters --- shell shock
iets moet ek tog iewers neerpen --- voor einde 2028
weer probeer, weer beseer --- herskryf ‘n nuwe beleef
in beterskap, weer
wel nou beter

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.