09/09/25

Oor verlore kinderjare

die jare toe ek ‘n kind was
wat nie moes gebeur het nie
het gebeur en daarna 
as volwasse vrou
die jarelange vlakke 
en fases van rou

les temps perdu
stale bread
ou brood
pain perdu
verlore brood
die verlore tye

kom ons maar braai dit
as dit reeds goed verhard het
maak dit eetbaar
maak dit weer smaaklik

pain frit
gebraaide brood
à la française

ek kan werklikwaar nou nie nog
heuning ook op dit gooi nie

of selfs 'n sprinkeling van droë versiersuiker

ná die jare van swaarkry
maar ek moenie daarin vasstaar nie

woede, om woede te ervaar is normaal

hou dit binne, hou dit in, moenie na buite dit te wys nie
die uitskryf daarvan, die blaas dit nou deur die ruite

na buite

ek rou nie meer oor my lewe nie
dit is goed vir my --- hoe ek dit hanteer het

the regression --- the withdrawing into shells
bomb shelters --- shell shock


iets moet ek tog iewers neerpen --- voor einde 2028
weer probeer, weer beseer --- herskryf ‘n nuwe beleef

in beterskap, weer
wel nou beter

🦋🌿

© Annora Eksteen, 2025


Die kelderkamer, Oktober 2018



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...