as ek langs die stroom gaan stap
sien ek vinknesse waaiend verskyn
die rivierriete weerklink van samesyn
kolgansies pliep-pliep ploep-ploep
in die kabbelende waterlyn
nou dat ek saam met die kiewiete fluit
nou dat ek die een is wat steentjies slyp
is dit in hierdie dae van my eensaamheid
dat pa se woorde weer in my sing
en die klotsende spruit vir my vrede bring
"As you will learn later, the transformation of the stuff of my world into poetry, is a bit of a mystery to me, as I think it is for many poets.” John Haislip (1925–2011) (Literature and the Sea Conference, 1976)
Teken in op:
Plasings (Atom)
My poësie-blog / My Poetry Blog
Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...
-
Annora Eksteen 30 Gedigte (2006) Die tyd toe ek verdwyn het Ek praat van ‘n tuin Ek praat van ‘n waterleliepoel Ek wag vir jou Ek wou dat sy...
-
Annora Eksteen 40 Gedigte (2017–2025) Hierdie was maar alles bitter en donker gedagtes Soos Paul Verlaine se hartseer lied van die herfs Wan...
