08/09/25

My pa se wêreld lê wyd in my

as ek langs die stroom gaan stap
sien ek vinknesse waaiend verskyn
die rivierriete weerklink van samesyn
kolgansies pliep-pliep ploep-ploep
in die kabbelende waterlyn

nou dat ek saam met die kiewiete fluit
nou dat ek die een is wat steentjies slyp
is dit in hierdie dae van my eensaamheid
dat pa se woorde weer in my sing
en die klotsende spruit vir my vrede bring

🌿












🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...