08/09/25

My landlopende pa

die kern van sy huis was kamers vol boeke
met ook plek vir sy fyn minerale
sy uitgebreide versamelings, sy kuns
en sy gesprekke met gewone mense
want om ‘n diepdenkende man te kry
het almal hulle draaie na ons pa toe gery

wat die ou landloper nie besef het nie
was dat die skade diep skadelik was

hy het gesterf toe ek so gehuil het
toe die trein ‘n hartseer fluit gegee het
en in ‘n lyn teen die horison verdwyn het

ek het begin briewe skryf oor pa
want hy was ‘n man met integriteit

en hier is dit nou neergesit
met die opgelostheid van onthou
in die verbygaan van rou
en in die vroegdag se vreugde
van lig en van dou

want hy
was ‘n lieflike man


🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...