08/09/25

My digter-pa

gistraand by ‘n funksie
het ek ‘n man gesien
sy denkersvoorkop en silwer hare
het my weer laat dink oor my pa

vanmiddag het ek hom weer sien sit
die ou digter met sy hand op sy ken
die windklokkies klingel sag
troostend in die ligte wind

hy praat met my en sê

Nokkie, my ou bokkie
ek verstaan
jy’s ‘n digterskind
dis van my
dit kom dáár vandaan

en ek gee my pakkie
vir jou aan

🌿




Ter nagedagtenis aan Louis C Eksteen

20 Oktober 1930–13 Oktober 2001


🦋

© Annora Eksteen, 2025

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...