orals steek die glasskerwe my
dit voel vandag vir my
of alles glas is rondom my
skerwe wat skitter
en steek en weerkaats
ek loop oor skerp stukke
met bloeiende voete
en orals steek die glasskerwe my
agter my oë en in my vertrekte mond
my oë traan en stroom onophoudelik
van al die stukkende pyn in my
alles in my is in repe gesny
stukke weefsels ontsnap uit my keel
bloed in my hande
bloed huil die blomme
bloed op die grond

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.