17/07/25

Bergkristal

ek het jou gevind 
toe ek dit die minste verwag het 

met my toon teen jou gestamp

en ek het geval oor kranse geval geval 

gehoor hoe die rotsstortings gransend grol


in swiepende bergwinde het ek gevlieg

my vlerke wyd gesprei en gevoel

hoe sterk ek die arend 

so op die woeste wind kan sweef


en jy het kabbelend in die reën 

in die bergstroom ingerol 

getol, gejol

geen mos kon om jou vergader


en jy rol altyd nader

my skittersteen

my bergkristal




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...