23/07/25

As op Boschkop die hadidas nesskrop

en die honde gaan slaap

skitter sterre blinkhelder

bo die plaaspad van die randheer 


hierdie land, dink hy 

is meer as my herehuis 

meer as die kroon se kluis

kom ons hou 'n tuinpartytjie

sug hy vir sy vrou 

en ons klink 'n glasie

op die bloed en op die rou

maar ons bou 'n katedraal

as die nag uiteindelik 

in vrede toevou


want die oorlog het verby gewaai

om middernag daai aand

'n rooidag het opnuut gebreek 

oor hierdie as van ‘n verbrande land


'n eeu sal verbytrek

het die randheer moeg gesug


ons los ons zebrakoets se spoor

vir hulle wat so kan dig


🦋

© Annora Eksteen, 2010


Ek was toe darem uiteindelik by Northwards. Dale Lace se Herbert Baker-herehuis daar bo op Parktown Ridge. Mooi uitsig Noorde toe en hulle plaas was Boschkop waar nog die vervalle Hymany Country House gesien kan word in Randpark Rif. Dale se vrou, ou spandabelrige Josie, het eens 'n zebrakoets ingespan. Sy was taamlik simpel, maar het wel 'n soort van sjarmante persoonlikheid gehad en teepartytjies in die tuin gehad vir liefdadigheid. Hulle rykdom het tot armoede gelei weer oor verskeie redes. Nou nie volstrekte armoede nie, maar ja. In vergelyking. Nogtans hou ek nogal van die ou randhere. Veral oor hulle so baie bome laat aanplant het. Orals is net bome in Joburg. Al die uitheemse bome is te pragtig ook. So saam met die inheemses. En al die argitektuur wat toe opgerig is. Toe lei dit later na die Unie van Suid-Afrika en Afrikaans as ook 'n amptelike taal in 1925. Nou is dit die Afrikatale se beurt, maar eintlik is Engels die taal.


Nie voorheen agtergekom nie: die riwwe van Johannesburg. Sulke koppies. Soos Mellville koppies ook en daar waar Observatory en die ou Sterrewag lê. Stede se ontwikkelings is baie bevredigend en leersaam. Altyd baie om oor te lees en te ontdek hoe alles gebeur het tot nou toe, nè.




Uitsig van daar bo af.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...