koerend wieg ‘n duif
in 'n nes aan 'n tak in ‘n boom
sy murmur van 'n groen blaar
'n hand op 'n snaar
lang vingers wat op die klawers baljaar
dit word ‘n lied 'n storie
'n woordmusiekeffek
so dierbaar vir my hier waar ek woon
in Huis Herfsblaar nommer sewe
op ou Potchefstroom
🦋
© Annora Eksteen, 2010
Ook maar net nonsens, maar ek het maar altyd gehoop ek kan ook 'n aftree-oordhuisie kry met dit en dat en 'n tuintjie. Maar nou ja.
Ook maar die ou praatjies en stories van die mense in die aftree-oorde en hulle doenighede om die laaste jare nog deeltyds vrolik te maak.
Herfs is mooi. Dit is koel tye. Heerlike dae. Maart is laat somer. April is vroeg herfs en Mei is laat herfs en die blare wat verkleur en val is altyd pragtig.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.