23/07/25

‘n Uitsig op ‘n somerwingerd

en een keer 

elke skrikkeljaar

sou hulle haar daar 

in die ou dorpie gewaar

en wonner wat de donner

sy praat dan nou Provensaal

sy sê sy kom dan uit die Languedoc

boy ou boy, kan sy dam mar lekker jok

maar nuwe horisonne wink en in die glas 

wat sy nou skink is die granaatsap rooi en haar 

uitsig op die somerwingerd is groen en wondermooi


🦋

© Annora Eksteen, 2010


Ek't gedink aan die plotte langs die kanale in Upington se omgewing. Hulle kry water of besproeiing uit die leivore en het vyebome asook druiwe en lusern. Vir die koeie en kalfies. Ook steenhuise voorsien deur Upington Water en Verbouiing. Klink oulik. Amper soos die Vaalhartsskema in die middel iewers. Blêddie omie met al sy stories wat gewissel het van Duinesand in Namaland tot by die Kanaalskema wat ek nie weet wat die was nie. Seker maar die reine waarheid met kinkels in die kabels. Dog ek skuinskoek is 'n groot koek soos Madeira wat net in 'n skewe vorm gebak word, maar dis klein vetkoeke.


https://boerekos.co.za/recipe/skuinskoek/


Ek het oor die jare van my probeerslae op Facebook agtergekom eks nie 'n regte Afrikaner nie. Ek wou dit in elk geval nie wees nie. Deels wel. So bietjie. Dankie tog ons kon uitwyk Engelse skole toe. Ons almal soveel beter gepas. Dit is nog steeds 'n groot verligting en dankbaarheid in my. Vir dit oor dit.


O. Een ding wat ek weet, is dat, al dink mens mens ken 'n paar woorde Frans, moet ooit NOOIT weer probeer Frans praat met Franse nie. Want mens kan nie. Mens hardloop binne een sin uit vocabulaire et gramaire uit. Engels. Oui. Yes.


(Ek volg darem al die Franse skrywe en gepratery op die Internet baie beter. Dit darem.)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...