23/07/25

Borrelfontein

my borrelende bron van babbelende woorde

my woud so dig met net skynsels lig

ek besit ‘n mosbegroeide waterval

waar klanke na my toe afval

en stil varings van hartseer groei

verlange word skoon gewas 

en soms verdwyn dit

maar soms bly dit sag 

deur die varingblare skyn

my suiwer fontein van die hede 

spoel die troebel water weg

van die verlede




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...