11/07/25

Die lieflike skilderye in Kersierylaan

soms ry ek terug en sien hoe die ysige lug

die lig se skynsel verander van ligroos na asuur 

en 'n pou se helder blou word akwamaryn 

in Cézanne se baai van Marseille


ek sien ‘n huis in Provensaalse styl 

en kry weer die gevoel

so asof ek weet ek sukkel nou

en het flou geval van skoon verlang


te lief het ek gefluister

te lief

en al wat nou help 

is om nog ‘n sagte prent

oor haar lieflike lyf te skilder


om nog ‘n paar laaste skynsels te vang

dit in fynboskleure en karoobos koue oggendgeure

om haar nek te hang

en dan met dieselfde vingerpunte te raak 

aan ‘n weerlose wang


jy maak my te seer

dis verby

dis al

maar ek

verlang




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...