11/07/25

Die ouderdom keer my vas

op verre vreemde paaie

ek loop my vas in die ouderdom

se kronkelings en grondpad draaie

my lyf is meestal moeg gewerk

my wese op en gedaan

ek stap stadig en stadiger aan

maar kom nou telkens

voor die oop plaashek 

van die ouderdom

en dit vat my weg

op my nuwe

eensaam

paaie




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...