11/07/25

Duisende dansende sterrestelsels

daar’s geen einde aan haar ontginning

my liefde, my eie Salvador Dalí

 

die dag breek oor die ontelbare gedigte

van my muse met haar wyd oop denke


nog groter, nog mooier en soveel denkerder

as die sterre wat daar bo gebore word


geëmansipeer dans sy elke keer weer

die dansende heelal in, meneer


en so bly ek

geïnspireer




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...