11/07/25

Die tyd toe ek verdwyn het

ek moes weggaan 

van haar af

en haar onthou 

soos sy toe was

jonk en vreemd

wild en vol blues


maar ons sou skryf 

oor hierdie liefde

in ons gedigte 

op internetblaaie

 

ons sou sing 

oor ons lewe saam 

se eienaardige draaie 


‘n eeue oue love story

en so bly ek toe glo

oneindig lief

vir haar


of tot in 2016

toe die kinnors nors

begin kraak het


en toe weer verder

en aan en aan


🦋

© Annora Eksteen, 2000—2025


En verder oor die lange jare van 2000 tot nou toe, of van 2009 af toe ek geskei het

en die familie moes verlaat het, het die bande van liefde tog sterk gebly al was als

ook hoe swaar en wat ek oorgehou het is ons kinders en al sit hulle in verre lande

het hulle mooi ontwikkel, volwasse geword en is gelukkig.


Kinnors is die Joodse ou harpie. Dis maar oor my my gedinge met die gelowe.

Die kinners het nooit nors begin kraak nie. Inteendeel. Happy go lucky in die lewe.

Heel vrolik deur alles — so asof hulle in 'n movie gespeel het, but so far so good,

very good. Lovely days now, lovely. All the nice and kind people of South Afrique

and all over the world.

❤️


🌍🌎🌏


2002


2006


2009


2010


2012


2013


2014


2016


2017


2018


2019


2020


2022


2023


2024


2025
.
Al ses

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...