19/07/25

Dig toe dubbeldeur

ek is eensaam alleen en lewensskaam

in verweer teen my verwardheid dink ek 

die tyd sal my gedagtes ná die storm

as opgestapelde blare 

kom neerlê voor jou dig toe dubbeldeur

as ek ‘n paadjie ooptrap 

tussen paddatjies en slak

om my eie weerloosheid 

woordeloos te sit

voor jou dig toe dubbeldeur


klop klop is dit jy 

of verbeel ek my

klop klop 

weer ‘n keer 


hallo my deer

help my ek is so alleen

help my want ek staan en klop 

voor jou dig toe dubbeldeur


© Annora Eksteen, 2009


Speel met blomme, verf soos 'n kind

Annora Eksteen

20 Gedigte (2009)

5. Dig toe dubbeldeur


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...