want ek vind dit moeilik
om iemand te vertrou
want ek onthou ‘n kop
wat weggedraai het
en ek wonder of jy weet
wat jy met my wou doen
breek my in stukkies
met jou lyftaal gediggies
ek weet ek was toe reg
en ek blaai toe om
en ek loop toe
weg
🦋
© Annora Eksteen, 2010

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.