19/07/25

Ek gly oor ‘n meer

ys bevrore

die lug ruik snerpend vars

in my slee is ek warm gehul

in ’n groot pelsjas


ek is alleen


silwer klokkies lui oor die ys 


agter my lê berge en ys

voor my lê berge

en ys


ek slaap in ’n grot

verbrand my houtkruis


daar rook ek doepa vir my naaktheid

daar trek ek uit 'n houtpyp my longe vol

donkerpers wyn sluk ek 

maar my hart is vol 

van die bitter als


as brand my 

warm stof is my bed 

in my hand ’n vuurklip 

van die land 


ek slaap kaal saam met aardvrouens 

met lang modderhare 

met soet glimlagte 


ek word wakker 

ek stort in die waterval 

ek eet ’n reënboog

 

ruik die vars grond 

reën 

drup van die blare 

druppend drup die reën oor die stilte 


dis nag 

dis dag


die land lê groen die heuwels die dale 

sangers streel snare 

en sing baie ou verhale 

silfe streel hare 

en druppels plons rond en gesond

van die blare  


ek vlieg oor die groen land

ek vlieg deur die donkerblou nag 

sterre skitter die nag ruik helder

 

ek ruik diep 

diep die geure 

van vars eerste indrukke

van nuwe skoonheid 

van hierdie nuwe groei


en ek

onthou


© Annora Eksteen, 2009


A captivating, realistic AI art image of a snow fairy elf riding a sleigh. The elf has delicate, frosty wings that shimmer with a soft, icy glow. She is dressed in a ...


Images may be subject to copyright. Learn more


Older woman in fur coat. Not an elfin. Snow and frozen lake and suddenly she is in a cave in old Africa and earth women en stones at the fireplace, drawing in the smell of a wooden pipe or flute and then she flies out yonder into the night. I dreamed it, well, parts of it. It is fantasy. It doesn't make sense, but I always smelled my bassoon before putting it together. Almond and other oils. Cigarette smoke. Water that vaporised. The wood. The velvet of the case. The reeds I smelled as well. Blue cheese. Cherry cigars. Kirsch. I bought an old pipe in Lesotho. It smelled of strang and strange tobacco.


But I like these fairy tales AI pics. So sweet. Highly copyrighted. For study purposes only. Disney etc.


Die eet van 'n reënboog kom uit die Storieman-reeks wat ek vir my kinders gelees het destyd, of eerder na geluister het op die kassette. Ook oor Gobbollino die heksekat se avontuurtjies, maar die een outjie het 'n stuk reënboog, dalk soos 'n stuk koek, persent gekry en moes vir klomp mense 'n flentertjie van sy reënboog uitdeel.


Niks is organies nie, alle beelde, indrukke, stukkies geheue en nuwe uitvindsels in storievertellings in kreatiewe skryfwerk kom iewers vandaan, maar mens maak fiksie daarvan.


Dit is oulik ook hoe mense altyd nog stories oorvertel het, dit begin by die waarheid uit elkeen se perspektief van daardie tydsgreep en dan word daar aangelas of weggelaat, maar nogtans vloei die goue draad van waarheid oor wat gebeur het deur dit.


Oomblikke en gebeure vasgevang in glas soos 'n vlerkflapper in 'n papiergewig.


.

The Afrikaans word skoenlapper (butterfly) originates from the Dutch word schoenlapper, meaning "shoe-patcher" or "cobbler". It was historically used for butterflies because the bright, patchy colors on their wings resembled leather patches used to repair shoes. The spelling shifted to skoenlapper in Afrikaans

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...