11/07/25

Ek wou met haar praat

haar liefhê as ‘n maat

vir haar wou ek sê 

dat ek nie so 

in haar arms kon lê

maar haar lewe wou deel 

as vriendin en as skryfmaat


maar daar het ek die pad byster geraak

ek was heeltemal te lief vir haar

en nou weet ek weer 

dit sou nooit so kon gebeur

ons liefde was te hartseer 

en soveel soveel meer 

as vriendinne en skryfmaats


want haar naakte liggaam

sou ek nie kon weerstaan

haar lippe geswel 

soos dou op ‘n blaar


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Actually als net in my verbeelding. Weird tog dat ek so self contained kan wees in my bed.

Denkend. Of iets. Ek dink die kreatiewe vermoë van Sapiens het ook ontwikkel met tyd

en soos beskawings al meer gevorm het.


Dit is ook daarvandaan wat gelowe en gode uitgedink en ontwikkel is. Mense wil graag

in bonatuurlike wonderwerke glo. Dit maak die moeisame reis deur die lewe soms —

baie meer.


Baie wonderlik en kreatief: die prentjie van 'n sewende hemel of 'n Jesus-karakter wat op

die water geloop het.

Mooi ook die geboorte in die krip in die stal met hooi en die

koeie en die lieflike geskenke van die wyse manne. Was altyd vir my mooi die storie.

En dis alles ware stories. So in die stories ja, het dit werklig gebeur, soos in my stories het

Mia vir Maya by die venster van 'n Montmartre-hotelletjie uitgeskop oi wei. Flok tog.


True STORIES.


Seker was ek die vieste in oor ek nie na Frankryk toe kon emigreer nadat ek my

BMus voltooi het nie. Nou is ek nie meer spyt daaroor nie.


Die lewe soos dit gebeur is interessant en swaar en goed genoeg. Mens kan nie als wil hê nie

en ek wou ook nooit als hê nie.


Of eintlik net ronddwaal op plekke soos die lekker drie dae op ou Bethulie.

So mooi en rustig daar in die winter. Julie op Bethulie.

Ek't 'n liriekie daaroor geskryf. Die Suid-Vrystaat se goue gras.

Die kronkelende ou rivier. Die brug en die gedenkterrein en die hartseer eensame

treur-monument.


Darem altyd hartroerend. Al daai verskriklike swaarkry.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...