dat ek nie so
in haar arms kon lê
maar haar lewe wou deel
as vriendin en as skryfmaat
maar daar het ek die pad byster geraak
ek was heeltemal te lief vir haar
en nou weet ek weer
dit sou nooit so kon gebeur
ons liefde was te hartseer
en soveel soveel meer
as vriendinne en skryfmaats
want haar naakte liggaam
sou ek nie kon weerstaan
haar lippe geswel
soos dou op ‘n blaar
🦋
© Annora Eksteen, 2006
Actually als net in my verbeelding. Weird tog dat ek so self contained kan wees in my bed.
Denkend. Of iets. Ek dink die kreatiewe vermoë van Sapiens het ook ontwikkel met tyd
en soos beskawings al meer gevorm het.
Dit is ook daarvandaan wat gelowe en gode uitgedink en ontwikkel is. Mense wil graag
in bonatuurlike wonderwerke glo. Dit maak die moeisame reis deur die lewe soms —
baie meer.
Baie wonderlik en kreatief: die prentjie van 'n sewende hemel of 'n Jesus-karakter wat op
die water geloop het.
Mooi ook die geboorte in die krip in die stal met hooi en die
koeie en die lieflike geskenke van die wyse manne. Was altyd vir my mooi die storie.
En dis alles ware stories. So in die stories ja, het dit werklig gebeur, soos in my stories het
Mia vir Maya by die venster van 'n Montmartre-hotelletjie uitgeskop oi wei. Flok tog.
True STORIES.
Seker was ek die vieste in oor ek nie na Frankryk toe kon emigreer nadat ek my
BMus voltooi het nie. Nou is ek nie meer spyt daaroor nie.
Die lewe soos dit gebeur is interessant en swaar en goed genoeg. Mens kan nie als wil hê nie
en ek wou ook nooit als hê nie.
Of eintlik net ronddwaal op plekke soos die lekker drie dae op ou Bethulie.
So mooi en rustig daar in die winter. Julie op Bethulie.
Ek't 'n liriekie daaroor geskryf. Die Suid-Vrystaat se goue gras.
Die kronkelende ou rivier. Die brug en die gedenkterrein en die hartseer eensame
treur-monument.
Darem altyd hartroerend. Al daai verskriklike swaarkry.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.