11/07/25

Ek wou dat sy weet

dat ek haar liefhet

bokant die aarde

ver verby die maan


liefhet soos sagte reën

wat uit die wolke gaan


ek het meestal stilgebly

stiller en stiller

net soos sy


maar nou is dit beter

nou dat ek verstaan


ek wens vir haar al die wonderwerke

wat oor haar pad kom

mag sy ons liefde aanhou pluk

pluk soos ‘n blom


sy het iets in haar

wat ek nog nooit iewers kon vind

al was sy toe nog so jonk

maar darem nie meer 

‘n kind


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Augrabies, 2011



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...