11/07/25

Ek wag vir jou

ek soek en ek soek jou, beeldskone een

ek stap in die nag my voete vol blase


jy kan nie ver wees nie

die katte volg my deur die dorpie se strate


ek kyk op na die maan 

ek wag vir jou om saggies aan te kom


die nagwind streel die windharp se snare

en waai sag deur jou lieflike hare


ek raak met my vingers aan jou wang

my hande bewe en ek is so bang


bang vir jou

sagte een


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Seeplaas, 2010



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...