11/07/25

Ek praat van ‘n waterleliepoel

skoenlapperniggies 

ons het so ver gewaai

daar anderkant Namakwaland 

het ons gaan draai 


niks harde woorde

geen verlange geen vrae

tevrede in die nou 

en die mooi van onthou 


Monet se brug

pers lelies wat sug

en vlinders en voëltjies

wat vlieg oor die water


ek praat van Impressionisme

ek praat oor die reën en mis

die wasigheid van vandag 

en daai vlinder wat so weggevlieg het

na ‘n leliepoel in Giverny

Monet se tuin 


en wilgers

oor die waters


🦋

© Annora Eksteen, 2006


Emmarentiadam, 2022



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...