oral teen die heuwel op
tot bo by die Griekse villa
die uitgebreide familie was lekker opgetof
hulle swart ou skoene was lekker vol stof
en bokke het teen die berghang gewei
haar rok was swart
‘n kantdoek om haar kop
sy het ver gestap
haar verstand was skoon dof
maar Desdemona het gekom
vir die lesbiese bruilof
en bokke het teen die berghang gewei
Zorba was lank
en donker en slank
'n swart duur pak
in sy wysneus wese
ook Keniaans en Suidlands
Klio was bewerig skugter
haar wesetjie was dalk Grieks-afrikaans
ook soort van bietjie Frans
haar ouderdom het haar bietjie ondergekry
haar rok was nie meer van roomwit katoen
maar groen met linte van roesrooi sy
haar sandale was van raffia gebrei
met krale geborduur en mooi versier
en so kon sy wel vir Zorba soen
en bokke het teen die berghang gewei
onder ‘n rietafdak het die liggies geskyn
oral tussen rankplante se blare
en blommetjies wit en fyn
die mense het gedrink
om die atmosfeer reg te kry
die son het gesink
oor die Mediterreense see
die nag het begin
ouzo is geskink
en bokke het teen die berghang gewei
tot diep in die nag het hulle gedans
en opgekyk na die sterre in die verre hemeltrans
‘n middernagballade, ‘n ou liriek, en ook verder
op die Grieke se lieflike volksmusiek
toe het die klokke vrolik gelui
en bokke het teen die berghang gewei
.png)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.